Voordele van 'n Au Pair

Smiling Faces is 'n au pair kultuur uitruilprogram.  Dis 'n wonderlike geleentheid om goedkoop in Europa rond te reis, 'n nuwe taal aan te leer en te ervaar hoe families in ander dele van die wêreld leef. 

 Ander voordele: 

* Engels verbeter


*  Maak nuwe vriende en toer in vrye tyd

*  Verdien sakgeld terwyl die lewe in Nederland en Europa ervaar word

*  Verkry internasionale werk/kindersorg ondervinding

* Stel aan Nederlandse families ons kleurvolle kultuur bekend.

* Maak 'n verskil in die lewens van kinders en hul besige families

*  Die aanleer van nog 'n taal (Nederlands)


 Nederland is wel bekend vir sy  windmeule en 'clogs', maar bied baie meer as dit.  Nederland is klein en sentraal geleë in Noord Europa.  Besoek stede soos Parys, Brussels, Londen, Barcelona, Rome en vele meer.  Maklik, veilig en goedkoop per trein, bus of vliegtuig.  Vir meer inligting oor Nederland en sy mense besoek gerus
www.holland.nl      of      www.minbuza.nl




Wat onderskei ons van ander au pair agentskappe?

1) Die vliegtuigkaartjie word ten volle deur die familie betaal asook die MVV visum, reis- en mediese versekering vir een jaar en verblyfsvergunning.  

Die gasheer-familie voorsien ook:  

-   'n Kamer met tv, radio en rekenaar (internet toegang).

-   'n Fiets

-    'n Selfoon


-    Twee weke betaalde verlof

2)  Afrikaanssprekende au pairs (Premium) kry 340 euro (ong. R4000-R5000) sakgeld per maand


3) 'n Bonus van 250 euro (ong. R3000-R4000) aan die einde van die jaar.

4) Werksure: Maksimum 30 ure per week.



5) Die geleentheid om saam met die familie vakansie te hou, indien die au pair saam genooi word, wat in meeste gevalle so is. 


6) 'n 'Enjoy and Explore Holland card' van 155 euro (ong. R2000)

7) Die au pair sal opleidings materiaal ontvang met die volgende inhoud:
  -'n Kort taalkursus (CD) Engels-Nederlands.  Om jou te help met die kulturele aanpassing.

  -Noodhulp (kort en bondig)

  -'n Opleidingsgids (112 Bladsye) wat alle aspekte van jou verblyf in Nederland aanraak, 'n gids wat jy saamneem en weer en weer sal gebruik.

  -Opleiding van een dag by die agent, Davida Swanepoel te Villiersdorp, Wes-Kaap.




7) Sandra Buningh en Jolanda Oeij van Smiling Faces Nederland sal jou in Nederland begelei en is altyd daar vir enige probleme wat mag opduik.  Hulle het ook 'n 24 uur noodnommer.  'n Nuusbrief
elke 3 maande hou jou op hoogte van wat in au pair-kringe gebeur en 'n maandelikse funksie bring nuwe vriende bymekaar.

8) Jou verbinding met Smiling Faces Cape Town eindig nie die dag as jy op die vliegtuig klim nie,  ek is ook 'n ma en weet hoe dit voel om 'n dogter duisende kilometers ver te hê - daarom bied ek aan jou en jou ouers ondersteuning ten alle tye.  Ons behou kontak terwyl jy in Nederland is en ek volg jou loopbaan as au pair.  Ek wil graag jou vreugdes, teleurstellings en verlange deel.


Ons stap die pad saam met jou! 



Atijd goed geregeld / Altyd daar vir jou