Prosedure

Die eerste stap is om al die inligting goed te bestudeer en indien dit die weg is wat jy wil volg, stuur jou naam, van, ouderdom en e-pos asdres aan Davida Swanepoel vanaf ons 'Kontak Ons' bladsy.  Ons sal aan jou die aansoek vorms stuur (via e-pos of yousendit).

1) Baie belangrik:  Immigrasie prosedures neem 3-4 maande.  Dit is van kardinale belang dat jy dadelik aansek doen vir:
-Polisie verklaring (neem 6-12 weke)
-Wettige paspoort
-'UNABRIDGED' geboorte sertifikaat (neem ongeveer 3 maande)   Gaan ook na jou huisdokter vir 'n HIV en TB toets. Stuur asseblief die kwitansies saam met jou aansoekvorms.

2) Sodra jy al die vorms ingevul het kan jy dit terug e-pos sodat Smiling Faces jou profiel aan die families kan voorlê. 

3) As 'n familie van jou profiel hou sal ons jou telefonies of per e-pos kontak en 'n onderhoud tussen jou en die familie reël.
 

4) Na een of meer telefoniese onderhoude sal die familie en jy besluit of julle by mekaar pas.  Smiling Faces sal dan aan jou die 'Placement Confirmation' dokument stuur om dit amptelik te maak.  Jy ontvang ook dan  jou opleidings pakket.

5)  Nadat julle op 'n datum besluit het, 
reël die familie jou retoer vlugkaartjie, MVV visa en reis-en mediese versekering.  Sodra alles gereed is maak SFCT vir jou 'n afspraak by die Nederlandse Ambasade in Kaapstad vir die indiening en afhaal van jou Schengen Visa.

6)  Tesame met die afhaal van jou Schengen Visa, moet jy jou Appostille seël by die Hooggeregshof in Kaapstad op jou 'UNABRIDGED' geboorte sertifikaat laat stempel.

7)  'n Afspraak sal gereël word vir jou opleiding van een dag by SFCT te Villiersdorp.

 

Nou is jy gereed vir die ervaring van 'n leeftyd!