Ervaring van 'n Leeftyd!

 Smiling Faces (SF)  is 'n eerbare, betroubare Nederlandse au pair agentskap, lid van NAPO (Nederlandse Au Pair Organisasie) en IAPA(International Au Pair Association) met 'n werksetiek van hoogstaande gehalte. 

Smiling Faces Au Pairs Cape Town (SFCT) word in die Wes-Kaap bedryf deur Davida Swanepoel, 'n musiek-onderwyseres wat 'n passie het vir kinders en volwaardig daarin glo dat alle kinders geregtig is op die beste sorg wat verkry kan word.  SFCT se misie is om au pairs te keur en te plaas in Nederland, hulle te begelei deur die proses asook ondersteuning te bied om hierdie jaar die ongelooflikste ervaring van 'n leeftyd te maak.

SF au pair families word met sorg gekeur.  Die gasheerfamilie se huis word besoek en die au pair se kamer word geinspekteer om te verseker dat dit aan SF standaarde voldoen voor 'n au pair by die familie geplaas word.  'n Opleidingslêer van 112 bladsye word by plasing aan die au pair gegee met al die nodige voorbereiding om die jaar in Nederland 'n onvergeetlike een te maak.  SF organiseer 'n verskeidenheid aktiwiteite vir au pairs en sodoende word nuwe vriendskappe gevorm.  SF het ook 'n 24 uur noodnommer. 



Wat is 'n au pair?

'n Au pair is 'n jong enkel persoon, 18-25 jaar oud wat by 'n familie inwoon in die buiteland vir 12 maande.  'n Au pair ondersteun die familie deur vir 'n maksimum van 30 uur per week na die kinders om te sien en ligte huiswerk te verrig in ruil vir verblyf, etes en sakgeld.

'n Au Pair is passievol oor kinders en beskik oor die volgende kenmerke:

- Persoonlikheid: warm en liefdevol, positief, selfstandig, volwasse, betroubaar, hardwerkend, aktief en netjies 

- Opleiding: minimum Gr. 12 kwalifikasie

- Kindersorg ondervinding:  minimum van 1 jaar

- Huishoudelike ondervinding:  Ligte huiswerk soos wasgoed was, stryk en opvou.  Speelgoed optel, stofsuig en die kook van ligte maaltye.   Die familie kry 'n skoonmaker 1 of 2 keer per week.

Au Pair moet  kan swem, fietsry, verkieslik nie rook nie en oor 'n e-pos adres beskik.