Subskripsie-, Mediasie-, Begeleidings- en opleidingsfooi betaalbaar aan Smiling Faces Au Pairs Cape Town

Betaalbaar in twee paaiemente

1ste-R2000 (twee duisend rand) Betaalbaar met indiening van die voltooide aasoekvorms en ondertekening van die 'au pair agreement' vorm,  waarna die proses aan die gang gesit word vir keuring en plasing. 

2de -R2000 (twee duisend rand) betaalbaar met die ontvangs van die 'Placement Confirmation' dokument wat jou vertrek amptelik maak. Hiermee saam ontvang jy dan ook die opleidingslêer.

Indien jy nie geplaas word nie (nog nooit gebeur nie), sal die subskribsie fooi aan jou terug betaal word.   Sou jy dus na indiening van jou aansoekvorms, betaling, en/of plasing, besluit om nie meer te gaan nie, verbeur jy jou subskribsie fooi.


Au Pair moet self sorg vir die volgende:


·         ‘n Geldige Paspoort

·         'n 'UNABRIDGED' geboorte sertifikaat

·         Mediese verslag– TB & HIV toetse

·         Polisie klaring dat daar geen kriminele rekord teen die voornemende au pair bestaan nie

·         Indiening van Schengen aansoekvorm en die afhaal van die Schengen visa by die Nederlandse Ambassade in Kaapstad.

·        Stempel van die Apostille seël by die Hooggeregshof in Kaapstad

·         Genoeg sakgeld om die au pair deur te sien die eerste maand in Nederland (ong. R2000)

·         Persoonlike goedjies wat au pair wil saamneem na Nederland

·         Geskenkies, eg aan Suid-Afrika vir die gasheer familie (nie ‘n vereiste nie)